8. Vroeg die volgende oggend het Abimelek al sy manne geroep en hy het vir hulle alles vertel wat God vir hom gesê het. Die manne het baie bang geword.
9. Koning Abimelek roep toe vir Abraham en vra vir hom: “Wat het jy aan ons gedoen en wat het ek verkeerd gedoen teen jou? Hoekom het jy my en my land se mense hierdie groot sonde laat doen? ’n Mens moenie dit met ander mense doen nie.”
10. Abimelek het ook vir Abraham gevra: “Wat het jy gedink? Hoekom het jy hierdie slegte ding gedoen?”
11. Toe antwoord Abraham: “Ek het gedink niemand in hierdie plek dien God nie, ek het gedink hulle sal my doodmaak om my vrou te kry.
12. En ook, sy is regtig my suster. Sy is my pa se dogter, maar sy is nie my ma se dogter nie. Maar sy is ook my vrou.