12. En ook, sy is regtig my suster. Sy is my pa se dogter, maar sy is nie my ma se dogter nie. Maar sy is ook my vrou.
13. Toe God vir my gesê het ek moet weggaan, weg van my familie, het ek vir haar gevra: ‘Help my asseblief. Jy moet sê ek is jou broer. Jy moet dit doen op elke plek waar ons kom.’ ”
14. Abimelek neem toe skape, bokke, beeste, slawe en slavinne en hy gee alles vir Abraham. Hy het ook vir Abraham sy vrou Sara teruggegee.
15. Abimelek het vir Abraham gesê: “Hier is my land voor jou. Jy mag woon waar jy wil.”
16. En vir Sara het hy gesê: “Ek gee vir jou broer 1 000 stukke silwer, sodat almal wat by jou is, sal stilbly en sodat hulle sal weet alles is reg.”