Genesis 12:3-13 Bybel vir Almal (ABA)

3. As iemand jou seën,dan sal Ek hom ook seën,en as iemand jou vervloek,dan sal Ek hom ook vervloek.Al die mense van die aardesal jou naam gebruikom te bid dat Ek hullemoet seën soos Ek jougeseën het.”

4. Abram het toe weggegaan soos die Here vir hom gesê het. Lot het saam met hom gegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran weggegaan het.

5. Abram het sy vrou Sarai, sy broer se seun Lot en al hulle goed saamgeneem. Hy het ook al die slawe geneem wat hulle in Haran gehad het. Hulle het weggegaan na die land Kanaän. Toe hulle in Kanaän kom,

6. het Abram deur die land getrek tot by die gewyde plek van Sigem, dit is die boom van die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. In daardie tyd het die Kanaäniete in die land gewoon.

7. Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek gee hierdie land vir jou nageslag.”Abram het daar ’n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.

8. Abram het van daar verder getrek na die berg oos van die stad Bet-El, en hy het sy tente daar opgeslaan. Bet-El was wes van hulle, en die stad Ai was oos. Abram het daar ’n altaar vir die Here gebou. Hy het die Here aanbid.

9. Later het Abram verder getrek na die Suid-land toe.

10. In daardie tyd was daar hongersnood in die land. Abram het na Egipte gegaan om daar te gaan woon, want daar was baie min kos in sy eie land.

11. Toe hy naby Egipte kom, het hy vir sy vrou Sarai gesê: “Ek weet jy is ’n mooi vrou.

12. Wanneer die mense van Egipte jou sien, dan sal hulle sê: ‘Dit is Abram se vrou.’ Dan sal hulle my doodmaak, maar vir jou sal hulle laat lewe.

13. Jy moet vir hulle sê jy is my suster. Dan sal hulle my nie doodmaak omdat hulle jou wil hê nie. Hulle sal dink ek is jou broer en hulle sal goed wees vir my. So sal jy help om my lewe te red.”

Genesis 12