Ester 9:24-26 Bybel vir Almal (ABA)

24. Haman seun van Hammedata, van die nageslag van Agag, was die vyand van die Judeërs. Hy wou die Judeërs almal doodmaak. Hy het die “pur” gegooi, dit beteken hy het lootjies getrek om te weet op watter dag hy hulle almal moet laat doodmaak.

25. Maar toe het Ester by die koning gekom, en die koning het anders besluit. Hy het gesê hulle moet skryf dat die slegte plan wat Haman teen die Judeërs gemaak het, met homself moet gebeur. Hulle het toe vir Haman en sy seuns aan die paal opgehang.

26. Daarom noem hulle hierdie feesdae Purim, want hulle het die “pur” gegooi, dit beteken hulle het lootjies getrek. Die Judeërs vier fees op hierdie dae omdat Mordegai dit so geskryf het in sy brief en omdat dit alles so met hulle gebeur het.

Ester 9