Ester 9:2-12 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die Judeërs het bymekaargekom in al hulle stede in die provinsies van koning Ahasveros. Hulle het die mense aangeval wat wou hê dat dit sleg moet gaan met die Judeërs, en niemand kon hulle keer nie, want al die mense was bang vir hulle.

3. Al die amptenare in die provinsies en die hoof-amptenare en die goewerneurs, almal wat vir die koning gewerk het, het vir die Judeërs gehelp, want hulle was bang vir Mordegai.

4. Dit was omdat Mordegai die belangrikste amptenaar in die paleis geword het. Die mense in al die provinsies het geweet van hom. Mordegai het meer en meer belangrik geword.

5. Die Jode het hulle vyande aangeval en hulle het almal doodgemaak, hulle het gedoen wat hulle wil met die mense wat vir hulle gehaat het.

6. Die Judeërs het 500 mense in die stad Susan doodgemaak.

11. Toe die koning daardie dag hoor hoeveel mense in Susan dood is,

12. het hy vir koningin Ester gesê: “Die Judeërs het hier in die stad Susan 500 persone doodgemaak, en ook die tien seuns van Haman. Ek wonder hoeveel mense hulle in die ander provinsies doodgemaak het. Wat wil jy nog vir my vra? Ek sal dit vir jou gee. Jy moet sê wat jy nog wil hê, en ek sal dit doen.”

Ester 9