1. Die koning en Haman het by koningin Ester kom eet.
2. Terwyl hulle op die tweede dag wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Koningin Ester, ek sal vir jou enige iets gee wat jy vra, ek sal doen wat jy wil hê, ook as jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer.”
3. Koningin Ester het geantwoord: “Koning, dit is wat ek vra en wat ek wil hê: As jy van my hou en as jy dit wil doen, dan vra ek dat ek en my volk mag aanhou lewe.