Esegiël 23:29-30-38 Bybel vir Almal (ABA)

3. Toe hulle jonk was in Egipte, het hulle begin om by mans te slaap. Dáár, toe hulle nog jongmeisies was, het mans al aan hulle borste begin voel.

4. Die naam van die oudste dogter was Ohola, en haar suster was Oholiba. Hulle het my vroue geword en hulle het seuns en dogters gekry. Ohola is ’n naam vir die stad Samaria, en Oholiba is ’n naam vir die stad Jerusalem.

5. “Maar Ohola was ontrou aan My. Sy was baie verlief op die Assiriërs wat naby haar was.

6. Hulle het koningsklere gedra en hulle was goewerneurs en hoofde, mooi jongmanne wat op perde gery het.

7. Ohola het graag by hulle geslaap, sy het by al die beste Assiriërs geslaap. Sy was baie verlief op hulle en sy het haarself onrein gemaak met al hulle afgode.

8. Sy het in Egipte begin om by mans te slaap en sy het nie opgehou om dit te doen nie. Sy was nog jonk toe hulle by haar begin slaap het. Hulle het aan haar borste begin voel toe sy ’n jongmeisie was. Hulle het met haar gedoen wat hulle wou.

9. Sy was verlief op die Assiriërs, daarom het Ek haar vir hulle gegee.

29-30. Hulle sal jou ook haat en hulle sal alles vat wat jy het. Dan sal hulle jou los, kaal en sonder klere. Hulle sal vir almal wys hoe ontrou jy was en watter slegte dinge jy gedoen het. Dit sal met jou gebeur omdat jy ontrou was. Jy was ontrou, jy het die ander volke gevolg en jy het jouself onrein laat word omdat jy hulle afgode aanbid het.

31. Jy het gelewe soos jou suster, daarom gee Ek nou vir jou die beker van swaarkry wat jou suster moes drink.”

32. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy sal die beker drink wat jou suster moes drink. Dit is ’n groot beker. Die ander volke sal vir jou lag en hulle sal jou spot, want in die beker is daar baie wat jy moet drink.

33. Jy sal dronk word en jy sal baie swaar kry. Jy sal baie bang word en jy sal heeltemal alleen wees wanneer jy die beker drink wat jou suster Samaria moes drink.

34. Jy sal alles in die beker drink en jy sal dit leegmaak, en dan sal jy die beker stukkend kou, jy sal jou borste afskeur, want Ek het gepraat.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

35. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy het My vergeet en jy het jou rug gedraai na My toe. Daarom sal Ek jou straf oor die slegte dinge wat jy gedoen het toe jy ontrou was.”

36. Die Here het vir my gesê: “Mens, jy moet vir Ohola en Oholiba oordeel. Jy moet vir hulle sê hulle het dinge gedoen wat Ek haat.

37. Want hulle het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor. Hulle was ontrou, hulle het afgode gedien. Hulle het kinders gekry, dit was mý kinders, maar hulle het daardie kinders ook verbrand sodat die afgode hulle kon eet.

38. En hulle het ook nog dít gedoen: Hulle het op een dag my tempel onrein gemaak en my Sabbatdae ontwy.

Esegiël 23