6. Die leiers wat oor Israel regeer, het sterk geword, maar toe het hulle mense vermoor, julle weet dit.
7. Hulle het gemaak of die pa’s en ma’s by julle nie belangrik is nie, hulle het die vreemdelinge by julle verdruk en hulle het die weeskinders en die weduwees by julle laat swaarkry.
8. Julle het gewys dat julle dink my gewyde dinge is nie belangrik nie, julle het my Sabbatdae ontwy.
9. Daar is mense by julle wat sleg gepraat het oor ander mense sodat hulle moes sterf. Daar is mense wat op die berge offer-etes geëet het, daar is mense wat dinge gedoen het wat baie sleg is.
10. Daar is mense wat by hulle pa’s se vroue slaap en wat vroue verkrag, ook wanneer die vroue menstrueer en onrein is.