Esegiël 16:9-14 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ek het jou gebad, Ek het die bloed van jou afgewas en Ek het jou lyf met olyf-olie gesmeer.

10. Ek het vir jou mooi bont klere aangetrek en skoene van sagte vel. Ek het jou toegemaak met linne en sy.

11. Ek het vir jou mooi juwele aangesit: armbande en kettinkies om jou nek,

12. ringe aan jou neus en jou ore, en ’n mooi kransie op jou kop.

13. Jy kon goud en silwer aan jou klere vaswerk, jy kon klere dra van linne en sy en mooi bont materiaal. Jy kon brood van die beste koringmeel en heuning en olyf-olie eet. Jy het baie baie mooi geword, so mooi dat jy ’n koningin kon wees.

14. Al die volke het geweet dat jy mooi is. Niemand anders was so mooi soos jy nie. Ek het jou so mooi gemaak.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

Esegiël 16