Eksodus 38:22-27 Bybel vir Almal (ABA)

22. Besaleël was die seun van Uri, en Uri was die seun van Gur. Besaleël was van die Juda-stam. Besaleël het alles gemaak wat die Here vir Moses gesê het.

23. Saam met hom het Oholiab gewerk. Oholiab was die seun van Agisamak van die Dan-stam. Hy was ’n ambagsman en hy kon planne teken en het blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal geweef.

24. Hulle het 29 talente en 730 tempel-sikkels goud gebruik om die tempel te maak.

25. Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer.

26. Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes ’n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans.

27. Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik.

Eksodus 38