3. Moses het vir hulle al die presente gegee wat die Israeliete gebring het vir die werk by die tempel. Die Israeliete het elke oggend nog presente na Moses toe gebring.
4. Die ambagsmanne wat die werk by die tempel gedoen het, het almal gekom, elkeen het gekom van die plek waar hy gewerk het.
5. Hulle het vir Moses gesê: “Die mense bring meer as wat nodig is vir die werk wat die Here gesê het ons moet doen.”
6. Moses het gesê hulle moet vir almal in die kamp sê niemand moet nog presente vir die tempel gee nie. Die mense het toe nie weer presente gebring nie.
7. Die presente wat hulle klaar gebring het, was genoeg vir al die werk, en daar het ook nog oorgebly.
8. Al die goeie ambagsmanne het die tempel-tent begin maak. Hulle het tien stukke materiaal geneem. Dit was goeie linne-materiaal en blou, pers en rooi wol-materiaal. Hulle het gerubs op die materiaal geborduur.
9. Elke stuk materiaal was 28 el lank en vier el breed.
23-26. Hulle het 20 rame vir die suidekant en 20 vir die noordekant van die tempel-tent gemaak. Hulle het ook 40 silwer voetstukke gemaak vir elke kant. Hulle het die voetstukke onder die rame gesit, twee voetstukke onder elke raam waar die twee houtpenne is.
27. Vir die agterkant van die tempel-tent, die westekant, het hulle ses rame gemaak
28. en hulle het twee rame gemaak vir die hoeke van die tempel-tent, vir die twee agterste hoeke van die tempel-tent.
29. Hulle het die hoekrame sterker gemaak van onder tot bo by die boonste ring.
30. Aan die westekant was ag rame, en daar was 16 silwer voetstukke, twee voetstukke onder elke raam.
31-32. Hulle het dwarspale gemaak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan elke kant van die tempel-tent en ook vyf dwarspale vir die rame aan die agterkant van die tempel-tent, die westekant.
33. Die middelste dwarspaal was lank. Hulle het dit vasgemaak in die middel van die rame, van die een kant tot by die ander kant.
34. Hulle het die rame oorgetrek met goud. Hulle het ook goue ringe gemaak en hulle het die dwarspale deur die ringe gesteek. Hulle het die dwarspale oorgetrek met goud.
35. Hulle het ’n gordyn gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het gerubs daarop geborduur.
36. Hulle het vier pale van doringhout gemaak en hulle het dit oorgetrek met goud. Hulle het goue hake daaraan vasgesit en vier silwer voetstukke daarvoor gemaak.
37. Hulle het ’n gordyn gemaak vir die ingang van die tent. Hulle het dit gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het daarop geborduur.
38. Hulle het die gordyn opgehang aan vyf pale met hake. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met goud, en ook die dwarspale. Hulle het die vyf voetstukke van brons gemaak.