24. Elkeen wat ’n present van silwer of brons wou gee, het dit vir die Here gebring, en elkeen wat doringhout by hom gehad het vir al die werk, het dit gebring.
25. Elke vrou wat netjies kon weef, het geweef, en sy het die goed gebring wat sy geweef het: blou, pers en rooi wol-materiaal, en linne-materiaal.
26. Al die vroue wat dit graag wou doen, het baie mooi bokhaar-materiaal geweef.
27. Die leiers het oniks en ander edelstene gebring om vas te sit op die priester se skouer-kleed en borssak.
28. Hulle het speserye gebring en ook olyf-olie vir die lampe en vir die salf-olie, en speserye vir die wierook.