Eksodus 32:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. U moet onthou wat U self belowe het vir u dienaars Abraham en Isak en Jakob. U het vir hulle gesê: ‘Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre in die lug. Ek sal hierdie hele land vir julle nageslag gee, en dit sal altyd aan hulle behoort.’ Here, U was self die getuie toe U dit vir hulle belowe het.”

14. Die Here het sy plan verander en Hy het besluit om nie sy volk te straf nie.

15. Moses het omgedraai en afgekom van die berg. In sy hande was die twee plat klippe waarop die tien gebooie was. Die Here het op altwee kante van die klippe geskryf, op die voorkant en op die agterkant.

16. Dit was God se werk, God het self die plat klippe gemaak en Hy het self die woorde daarop geskryf.

17. Josua het gehoor hoe die Israeliete skree en raas en hy het vir Moses gesê: “Daar is oorlog in die kamp!”

18. Maar Moses het gesê:“Hulle skree nie soos mensewat gewen hetin die oorlog nie.Hulle huil ook nie soos mensewat verloor het nie.Ek hoor hulle sing.”

Eksodus 32