Eksodus 11:7-9 Bybel vir Almal (ABA)

7. Maar dit sal nie gebeur by die Israeliete nie. Nie ’n mens of ’n dier sal sterf nie. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, nie met die Israeliete doen soos Ek met die Egiptenaars doen nie.’ ”

8. Moses het ook vir die farao gesê: “Al jou amptenare sal na my toe kom en hulle sal voor my buig en sê ek moet weggaan, ek en al die mense wat saam met my wil gaan. Daarna sal ek weggaan.”Moses was baie kwaad. Hy was woedend en hy het weggegaan van die farao.

9. Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nie na julle luister nie, maar dan sal Ek nog meer wonderwerke in Egipte kan doen.”

Eksodus 11