Deuteronomium 32:9-12 Bybel vir Almal (ABA)

9. Maar die Here het sy éie volkgekies, Jakob behoort aan Hom.

10. Die Here het sy volkin die woestyn gekry,in ’n wilde wêreld waar niemandwoon nie.Hy beskerm sy volken Hy sorg vir hulle,Hy pas hulle op soos ’n menssy oog oppas.

11. ’n Arend stoot sy kleintjiesuit die nesen hy vlieg bokant hulle,hy maak sy vlerke oopen vang die kleintjies en drahulle op sy vlerke.

12. So lei die Here sy volk,Hy alleen doen dit,daar is nie ’n ander godby Hom nie.

Deuteronomium 32