Deuteronomium 32:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê:“Hemel, jy moet luister,ek wil praat,die aarde moet hoor wat ek sê.

2. Ek bid dat die dingewat ek vir die mense leer,sal wees soos reën wat drup,ek bid dat die dinge wat ek sê,sal wees soos sagte reën op gras,soos reën op groen plante.

3. Want ek wil skree en die Naamvan die Here sê,ek wil sê dat die Here grooten goed is.

4. Hy is die Rots, sy werkis heeltemal reg,Hy doen altyd reg.Hy is ’n God wat altyddieselfde bly,Hy doen niks verkeerd nie,Hy is regverdig en eerlik.

5. Maar sy volk het ontrougeword aan Hom,hulle is nie meer sy kinders nie,hulle is onrein en vals,hulle kan net verkeerd doen,nie reg nie.

6. Julle is dwase mense,julle het nie wysheid nie,is dit wat julle doenaan die Here?Hy is julle Vader,Hy het julle gemaak.Hy self het julle gemaak en Hyhet vir julle die lewe gegee.

7. Julle moet onthou hoe ditlank gelede was,julle moet dink aan die jarewat lank verby is.Julle moet vir julle ouers vra,sodat hulle vir julle kan vertel,julle moet vir die oumense vra,húlle sal vir julle sê hoe dit was.

8. Toe die Hoogste Godvir die volke hulle landegegee het,toe Hy gesê het dat die menseaan verskillende volkemoet behoort,toe het Hy gesê waar die grensevan die lande moet wees.Hy het gekyk hoeveel Israelietedaar is,en Hy het besluit hoeveel volkedaar moet wees.

Deuteronomium 32