Deuteronomium 22:28-30 Bybel vir Almal (ABA)

28. “As ’n man ’n meisie kry wat nie verloof is nie en hy gryp haar en hy het seks met haar,

29. dan moet die man 50 stukke silwer vir die meisie se pa gee en hy moet met die meisie trou. Hy mag nooit van haar skei nie, want hy het haar verkrag.

30. ’n Man mag nie trou met sy pa se vrou nie. ’n Seun mag nie seks hê met ’n vrou wat by sy pa geslaap het nie.”

Deuteronomium 22