Amos 3:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Mense van Israel, die Here het julle almal uit Egipte gebring. Luister wat sê Hy vir julle:

2. “Daar is baie volke op die aarde,maar dit is vir jullewat Ek gekies het.Daarom sal Ek julle strafoor alles wat julleverkeerd doen.”

3. Twee mense besluit eersdat hulle saam wil loop,en dan doen hulle dit.

4. ’n Leeu in die bos vang eers iets,en dan brul hy.

Amos 3