2 Kronieke 3:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het edelstene laat vassit teen die mure van die kamer. Die goud het gekom uit die land Parwajim.

7. Hy het die kamer met dun goudplate toegemaak, en ook die balke, die drumpels, die mure en die deure. Hy het gerubs teen die mure laat uitsny.

8. Salomo het ook die hoog-gewyde kamer laat bou. Dit was 20 el lank en dit was 20 el breed. Dit was so breed soos die voorste kamer. Salomo het goudplate van 600 talente fyn goud gebruik om die mure toe te maak.

9. Hy het goue spykers gebruik, en dit het 50 sikkels geweeg. Hy het ook die bo-kamers se mure laat toemaak met goudplate.

2 Kronieke 3