15. Die koning het baie goud en silwer gehad, so baie soos die klippe in Jerusalem, en so baie sederhout soos die wildevyebome in die Laeveld.
16. Salomo het perde uit Egipte en die land Kewe gekry. Die handelaars van die koning het die perde in Kewe gaan koop.
17. Die handelaars het 600 sikkels silwer betaal vir een oorlogkar uit Egipte en 150 sikkels vir een perd, en hulle het oorlogkarre en perde verkoop aan al die konings van die Hetiete en die Arameërs.