2 Korintiërs 12:14-18 Bybel vir Almal (ABA)

14. Dit is nou die derde maal dat ek na julle toe sal kom. Ek sal nie vir julle geld vra vir myself nie. Ek wil nie julle geld hê nie, ek wil vir júlle hê. Julle weet hoe die lewe is: Dit is nie die kinders wat vir die ouers geld moet spaar nie, nee, dit is die ouers wat vir die kinders geld moet spaar.

15. Ek sal baie graag alles wil gee wat ek het, ek sal ook alles wil gee wat ek is sodat ek vir julle kan help. As ek so baie lief is vir julle, dan mag julle nie minder lief wees vir my nie.

16. Ja, ek het nie vir julle geld gevra sodat ek vir myself kon sorg nie. Maar daar is miskien party van julle wat sê dat ek baie slim was en dat ek ander skelm dinge gedoen het om julle te bedrieg.

17. Het ek julle bedrieg toe ek een van die mense wat saam met my werk, na julle toe gestuur het? Nee.

18. Julle onthou dat ek vir Titus gevra het om na julle toe te kom. Ek het ook iemand anders saamgestuur, iemand wat saam met ons werk. Julle weet dat Titus julle nie bedrieg het nie. En ek dink soos Titus en ek doen dieselfde wat hy doen.

2 Korintiërs 12