2 Konings 13:24-25 Bybel vir Almal (ABA)

24. Nadat koning Gasael van Aram gesterf het, het sy seun Ben-Hadad koning geword ná hom.

25. Joas seun van Joahas het toe die stede teruggevat van Ben-Hadad. Dit was die stede wat Gasael voorheen in die oorlog gevat het van Joas se pa Joahas. Joas het vir Ben-Hadad drie maal oorwin en hy het die stede van Israel teruggevat.

2 Konings 13