2 Konings 13:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Joahas seun van Jehu het in Samaria koning van Israel geword in die drie-en-twintigste jaar nadat Joas seun van Ahasia koning van Juda geword het.

2. Joahas het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het dieselfde sondes gedoen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het en wat hy die mense van Israel laat doen het. Joahas het nie opgehou om hierdie sondes te doen nie.

2 Konings 13