1 Tessalonisense 5:10-12 Bybel vir Almal (ABA)

10. Dit maak nie saak of ons nog lewe en of ons al klaar dood is wanneer Hy weer kom nie. Hy het gesterf om ons te red, daarom sal ons ook saam met Hom lewe.

11. Daarom moet julle mekaar help om nie moedeloos te word nie en om sterk te wees, soos julle al klaar doen.

12. Vriende, ons vra vir julle dat julle die leiers moet respekteer wat hard werk daar by julle. Want hulle lei julle soos die Here wil hê, en hulle leer vir julle van Hom.

1 Tessalonisense 5