1. Ek, Paulus, saam met Silvanus en Timoteus, skryf hierdie brief vir julle in Tessalonika, die gemeente wat behoort aan God die Vader en aan die Here Jesus Christus.Ons groet julle. Ons bid dat God genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee.
2. Wanneer ons bid, dan dink ons aan julle almal en dan sê ons vir God dankie.
3. Ja, wanneer ons tot ons God en Vader bid, dan onthou ons altyd wat julle alles doen omdat julle in Christus glo. Ons onthou ook hoe hard julle werk omdat julle lief is vir Christus, en ons onthou hoe julle aanhou hoop en weet dat ons Here Jesus Christus weer sal kom. Ja, julle wag dat Hy sal kom.