1 Samuel 4:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Eli was 98 jaar oud, en hy kon nie meer sien nie.

16. Die man het vir Eli gesê: “Ek kom van die plek waar hulle geveg het, ek het vandag daar weggevlug.”Eli het gevra: “My seun, wat het gebeur?”

17. Toe sê die boodskapper: “Die Israeliete het gevlug vir die Filistyne. Baie manne het gesterf. Jou twee seuns Hofni en Pinehas is ook dood. En die Filistyne het die kis van God gevat.”

18. Dadelik toe Eli hoor wat die man sê oor die kis van God, het hy agteroor van sy stoel afgeval daar by die poort. Hy het sy nek gebreek en hy het gesterf. Hy was oud en swaar. Eli was 40 jaar lank die leier van Israel.

1 Samuel 4