10. Dawid en 400 manne het die Amalekiete gevolg, en 200 manne was te moeg om oor die rivier te gaan, hulle het daar gebly.
11. Dawid se manne het ’n Egiptenaar in die veld gekry en hulle het hom na Dawid toe geneem. Hulle het vir hom kos en water gegee
12. en droë vye en twee koeke rosyne. Hy het geëet en hy het toe beter gevoel, want hy het drie dae lank niks geëet of gedrink nie.
13. Dawid het vir hom gevra: “Aan wie behoort jy? En van waar kom jy?”Hy het gesê: “Ek is ’n Egiptenaar, ek is die slaaf van ’n Amalekiet. My eienaar het my langs die pad gelos, want ek was siek. Dit was drie dae gelede.
14. Ons het die mense in die Suid-land van die Filistyne aangeval. Ons het hulle goed gevat en ook mense in party stede van Juda en in die Suid-land waar die Kaleb-families woon. Ons het Siklag verbrand.”
15. Dawid vra toe vir die man: “Sal jy my na hierdie Amalekiete toe neem?”Die man het gesê: “Jy moet eers voor die Here belowe dat jy my nie sal doodmaak of dat jy my vir my eienaar sal teruggee nie, dan sal ek jou na hierdie Amalekiete toe neem.”