1. Iemand het vir Dawid kom sê dat die Filistyne oorlog maak teen die mense van die stad Keïla en dat hulle die koring op die dorsvloere vat.
2. Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek daardie Filistyne gaan aanval?”En die Here het vir Dawid gesê: “Jy moet die Filistyne gaan aanval en jy moet die mense van Keïla red.”
3. Dawid se manne het vir hom gesê: “Ons is bang hier in Juda, maar ons sal nog baie banger wees as ons na Keïla moet gaan om die Filistyne aan te val.”