1 Samuel 17:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die houtsteel van sy spies was so groot soos die balk van ’n weefstoel, en die ysterlem van die spies het 600 sikkels geweeg. Voor hom het ’n man geloop wat sy skild gedra het.

8. Goliat het gaan staan. Hy het vir die Israeliete geskree en hy het gesê: “Hoekom kom staan julle in rye om oorlog te maak? Ek is ’n Filistyn en julle is die mense wat vir Saul werk. Julle moet ’n man kies en julle moet hom na my toe laat kom.

9. As hy teen my kan veg en as hy my wen, dan sal ons julle slawe wees. Maar as ek beter is as hy en as ek hom wen, dan sal julle ons slawe wees en julle sal vir ons werk.”

10. Die Filistyn het gesê: “Ek sê nou vir julle: Julle Israeliete beteken niks. Julle moet vir my ’n man stuur sodat ons teen mekaar kan veg.”

11. Saul en al die Israeliete het gehoor wat die Filistyn sê, en hulle het geskrik en baie bang geword.

1 Samuel 17