1 Samuel 11:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Nagas die Ammoniet het sy tente opgeslaan by die stad Jabes in Gilead. Hy wou oorlog maak teen die mense van die stad. Die leiers van die mense in Jabes het vir Nagas gesê: “As jy ’n ooreenkoms maak met ons, dan mag jy oor ons regeer.”

2. Die Ammoniet Nagas het vir hulle gesê: “Ek sal ’n ooreenkoms maak met julle, maar ek sal eers elkeen van julle se regter-oog uitsteek, want ek wil hê al die Israeliete moet skaam wees vir julle.”

1 Samuel 11