1 Petrus 3:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Dit was voorheen dieselfde met die vroue wat in God geglo het en wat seker was dat Hy sal doen wat Hy gesê het. Hulle was gehoorsaam aan hulle eie mans, dit is hoekom hulle mooi was.

6. So was Sara gehoorsaam aan Abraham. Sy het vir hom gesê: “Meneer.” Julle is nou Sara se kinders. Daarom moet julle goeie dinge doen en julle moenie bang wees vir enige iets wat vir julle wil bangmaak nie.

7. Mans, julle moet onthou dat vroue swakker is as mans, en julle moet só met hulle saam lewe. Julle moet hulle respekteer omdat hulle saam met julle die ware lewe sal kry wat God vir julle sal gee. Julle moet dit doen sodat niks julle kan keer om reg te bid nie.

8. Hierdie is die laaste dinge wat ek hieroor wil sê. Julle moenie met mekaar twis nie, julle moet dieselfde dink oor dinge. Julle moet bly wees saam met ander mense en julle moet hartseer wees saam met hulle. Julle moet lief wees vir mekaar soos broers en susters lief is vir mekaar. Julle moet jammer wees vir ander mense en julle moenie hoogmoedig wees nie.

9. Wanneer mense slegte dinge doen aan julle, dan moet julle nie ook slegte dinge doen aan hulle nie. Wanneer mense slegte dinge sê van julle, dan moet julle nie ook slegte dinge sê van hulle nie. Nee, julle moet hulle seën, want die Here het julle gekies om ander mense te seën. As julle dit doen, dan sal Hy julle seën.

10. Iemand wat lief is vir die leween wat graag goeie dingewil hê,moenie sleg praatvan mense nieen hy moenie lieg nie.

11. Hy moenie verkeerde dingedoen nie,hy moet goeie dinge doen,hy moet altyd probeerom vrede te maak.

1 Petrus 3