1 Kronieke 7:7-9 Bybel vir Almal (ABA)

7. Bela het vyf seuns gehad: Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne. Hierdie familie was 22 034 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die Benjamin-stam.

8. Die seuns van Beker was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle almal was seuns van Beker.

9. Hierdie familie was 20 200 manne, en hulle name is geskryf in die naamlys van die families. Hulle was familiehoofde en hulle was belangrike manne.

1 Kronieke 7