1 Kronieke 4:22-25 Bybel vir Almal (ABA)

22. Sela se ander seuns was Jokim en Koseba, Joas, Saraf en Jasubi-Legem. Die land Moab het aan Saraf behoort. Al hierdie name was in ou lyste van families se name.

23. Hierdie mense was pottebakkers wat in die stede Netaïm en Gedera gewoon het. Hulle het vir die koning gewerk, daarom het hulle daar gewoon.

24. Die seuns van Simeon was Nemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Saul was die pa van Sallum, Sallum was die pa van Mibsam, en Mibsam was die pa van Misma.

1 Kronieke 4