1 Kronieke 26:13-16 Bybel vir Almal (ABA)

13. ’n Familie-groep het by elke poort waggestaan. Hulle het vir almal van elke familie lootjies getrek, vir die groot families en vir die klein families.

14. Selemja het die lootjie getrek om by die oos-poort wag te staan, en sy seun Sagaria om by die noord-poort wag te staan. Sagaria was ’n verstandige raadgewer.

15. Obed-Edom het die lootjie getrek om by die suid-poort wag te staan, sy seuns om by die stoorkamers wag te staan,

16. en Suppim en Gosa om wag te staan by die wes-poort en by die Salleket-poort na die boonste pad. Die familie-groepe het wagbeurte gekry.

1 Kronieke 26