1 Kronieke 24:6-19 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die sekretaris was Semaja seun van Netanel. Hy was ’n Leviet en hy het die priesters se name opgeskryf. Hy het elke maal twee familiehoofde vir Eleasar opgeskryf en een familiehoof vir Itamar. Die koning was ook daar, en ook die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete.

7. Toe hulle lootjies getrek het, was Jojarib eerste, Jedaja was tweede,

8. Garim derde, Seorim vierde,

9. Malkija vyfde, Mijamin sesde,

10. Kos sewende, Abia agste,

11. Jesua negende, Sekanja tiende,

12. Eljasib elfde, Jakim twaalfde,

13. Guppa dertiende, Jesebab veertiende,

14. Bilga vyftiende, Immer sestiende,

15. Gesir sewentiende, Pisses agtiende,

16. Petagja negentiende, Esegiël twintigste,

17. Jakin een-en-twintigste, Gamul twee-en-twintigste,

18. Delaja drie-en-twintigste en Maäsja was vier-en-twintigste.

19. Dit was die groepe wat by die tempel moes kom werk. Hulle voorvader Aäron het gesê hoe hulle dit moet doen. Die Here, die God van Israel, het gesê Aäron moet dit doen.

1 Kronieke 24