2. Elke man het ’n pyl en boog gehad en elkeen kon met die regter-hand of met die linker-hand met ’n slingervel gooi en met ’n pyl en boog skiet. Hulle was soos Saul van die Benjamin-stam.
3. Die leier was Agiëser. Joas seun van Semaä van die stad Gibea het ook na Dawid toe gekom, ook Jesiël en Pelet seuns van Asmawet, en ook Beraka en Jehu van die stad Anatot.
4. Jismaja van die stad Gibeon was een van 30 spesiale manne en hy was hulle leier. Jeremia, Joganan en Josabad van die stad Gedera was ook daar,
5. en ook Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja van die stad Garif,
6. Elkana, Jissija, Asarel, Joëser, Jasobam van die stad Korag,
7. en Joëla en Sebadja seuns van Jerogam van die stad Gedor.
8. Van die Gad-stam het daar ook manne na Dawid toe gekom. Dawid was toe in ’n veilige plek in die berge. Dit was spesiale manne wat goed oorlog kon maak, en elkeen het ’n groot skild en ’n spies gehad. Hulle was so kwaai soos leeus en so vinnig soos ribbokke in die berge.
9. Hulle was elf manne. Eser was die leier en Obadja was die onderleier. Die ander manne was Eliab,
10. Mismanna, Jeremia,
11. Attai, Eliël,
12. Joganan, Elsabad,
13. Jeremia en Makbannai.
14. Dit was die mense van die Gad-stam. Hulle was offisiere. Die kleinste van hierdie manne kon 100 manne oorwin, en die grootste man kon 1 000 manne oorwin.
15. Dit is húlle wat deur die Jordaan-rivier gekom het in die eerste maand, toe die water van die rivier oor die walle gestroom het. Die water het al die mense in die valleie laat vlug, die mense wat langs die twee kante van die rivier gewoon het.
16. Mense van die Benjamin-stam en die Juda-stam het gekom na die veilige plek in die berge waar Dawid weggekruip het.