3. Iemand wat lief is vir God, ken vir God. Maar die belangrikste is dat God ook vir daardie persoon ken.
4. Ek wil nou praat oor die afgod-offervleis. Ons weet almal dat daar nie regtig afgode in die wêreld is nie. Ons weet dat daar net een ware God is.
5. Ja, baie mense sê dat daar gode in die hemel of op die aarde is, en ons weet mense aanbid daardie baie gode en noem hulle ook “Here.”
6. Maar vir ons is daar net één God. Hy is die Vader wat alles gemaak het. Ons moet vir Hom lewe. En daar is een Here. Hy is Jesus Christus. Jesus het saam met die Vader gewerk om alles te maak, Hy het vir ons die ware lewe gegee.