5. Daarom glo julle, maar nie omdat iemand slim woorde gebruik het sodat julle moet dink hy is wonderlik nie. Julle glo omdat julle gesien het hoe sterk God se krag gewerk het.
6. Die mense wat God se planne verstaan, weet dat die dinge wat ons sê, baie verstandig is. Maar onthou, ons praat van dinge wat die mense van hierdie wêreld en die mense wat oor die wêreld regeer, nie verstaan nie. Die tyd van die leiers van die wêreld is amper verby.
7. Ons vertel vir julle van God se plan. Niemand het iets daarvan geweet nie, net God het daarvan geweet. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy begin om sy plan gereed te maak sodat ons eendag saam met Hom kan wees waar Hy Koning is.