1. Vriende, ek wil hê dat julle goed moet verstaan wat lank gelede gebeur het. Ons voorouers, die Israeliete, was almal onder die wolk en hulle het almal deur die see geloop.
2. Hulle is almal in Moses gedoop: Dit beteken Moses het hulle gelei en hulle het saam met hom onder die wolk en deur die see geloop.
3. En almal het dieselfde kos geëet wat God vir hulle gegee het.