1 Konings 9:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hiram het gaan kyk na die stede wat Salomo vir hom gegee het, maar Hiram het nie van die stede gehou nie.

13. Hy het gesê: “My vriend, hoekom gee jy vir my hierdie stede? Hulle beteken niks.” Die mense noem daardie plek nou nog “Nikswerd-land.”

14. Hiram het 120 talente goud vir die koning gestuur.

15. Koning Salomo het mense baie hard laat werk om die tempel en sy paleis te bou. Hy het ook die terras en die muur van Jerusalem en die stede Hasor, Megiddo en Geser gebou.

16. Salomo het die stad Geser gekry nadat die farao, die koning van Egipte, die stad Geser oorwin en verbrand het. Hy het die Kanaäniete wat daar gewoon het, doodgemaak en toe het hy die stad vir sy dogter gegee wat met Salomo getroud was.

17. Salomo het die stede Geser en Bet-Goron-Onder weer gebou en ook

18. die stede Baälat en Tamar in die woestyn, in die land Juda.

19. Hy het ook die stede gebou waar hy sy goed gebêre het en die stede waar sy oorlogkarre en sy ryperde was. Salomo het alles gebou wat hy wou bou in Jerusalem en op die Libanon-berg en in die hele land waar hy koning was.

20. Daar was nog stede waar mense gewoon het wat nie Israeliete was nie. Dit was die stede waar die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon het.

1 Konings 9