4. Salomo het vensters in die mure van die tempel gesit. ’n Mens kon die vensters toemaak.
5. Hy het nog ’n gebou teen die buitemuur van die tempel gebou. Dit was rondom die voorste en die binneste kamers en dit was drie verdiepings hoog.
6. Die onderste verdieping was vyf el breed, die middelste verdieping was ses el breed en die boonste verdieping was sewe el breed. Hy het dit so gebou omdat hy hierdie gebou se muur téén die muur van die tempel gebou het, hy het dit nie ín die tempelmuur vasgebou nie.
7. Hulle het die tempel gebou van klip wat hulle klaar gekap het. ’n Mens het nie hamers en beitels en ander yster-gereedskap gehoor raas toe hulle die tempel gebou het nie.
8. Die deur na die onderste verdieping was langs die kant van die tempel, by die suidekant, en daar was trappe na die middelste en boonste verdiepings.
9. Salomo het die tempel klaar gebou en hy het ’n dak opgesit. Die dak was van rye dik sederhout pale.
10. Elke verdieping van die gebou wat hy teen die tempel gebou het, was vyf el hoog, en die vloere en die dak was van sederhout pale wat op die muur teen die tempel gelê het.
11. Die Here het met Salomo gepraat en gesê: