12. Baäna seun van Agilud was in die stede Taänak en Megiddo en die hele Bet-San oorkant Saretan suid van Jisreël. Dit is al die plekke van Bet-San tot by die stad Abel-Megola en tot oorkant die stad Jokmoam.
13. Ben-Geber was in die stad Ramot-Gilead. Hy was die hoof van die kampe van Jaïr seun van Manasse. Die kampe was in Gilead. Hy was ook die hoof van die Argob-distrik wat in Basan is. Daar was 60 groot stede met sterk mure. Die poorte het sluitbalke van brons gehad.
14. Aginadab seun van Iddo was in die stad Maganajim,
15. Agimaäs was in die distrik Naftali. Hy was getroud met ’n ander dogter van Salomo, met Basmat.
16. Baäna seun van Gusai was in die distrik Aser en Bealot,
17. Josafat seun van Paruag was in die distrik Issaskar,
18. Simeï seun van Ela was in die distrik Benjamin,
19. Geber seun van Uri was in die land Gilead, in die deel van die land waar Sihon koning van die Amoriete was en waar Og koning van Basan was. Daar was net een distrikshoof in hierdie deel van die land.
20. Die mense van Juda en Israel was so baie soos die sand langs die see. Hulle het genoeg gehad om te eet en te drink, en hulle was gelukkig.