25. Miga het vir Sedekia gesê: “Jy sal dit sien daardie dag wanneer jy van een kamer na die ander kamer gaan om te probeer wegkruip.”
26. Toe sê die koning van Israel: “Vat vir Miga na Amon die burgemeester en na prins Joas toe
27. en sê vir hulle die koning sê: ‘Julle moet hierdie man in die tronk sit en julle moet vir hom min kos en water gee totdat ek veilig terugkom.’ ”
28. Miga sê toe: “Koning Agab, as jy regtig veilig sal terugkom, dan kom die woorde wat ek gesê het, nie van die Here nie.”Miga het ook gesê: “Manne, julle moet almal luister na wat ek sê.”