7. Ek het dit nie geglo nie, maar nou het ek gekom en ek het dit self gesien. En regtig, ek het nog nie alles gehoor nie, ek het minder as die helfte gehoor. Jy is ’n wyse man. Die mense het vir my vertel dat jy ryk is, maar ek sien nou dat jy baie ryk is.
8. Die manne wat vir jou werk en wat altyd by jou is, is gelukkige mense, want hulle kan luister na die wyse dinge wat jy sê.
9. Ek prys jou God die Here wat so baie van jou hou dat Hy jou koning laat word het oor Israel, Hy is altyd lief vir die volk. Hy het jou koning laat word om reg te doen en regverdig te wees.”
10. Die koningin van Skeba het vir koning Salomo 120 talente goud gegee en baie speserye en edelstene. Daar het nooit weer so baie speserye in die land gekom nie.