9. Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos.
10. Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie,
11. omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.
12. Sodra ek vir Artemas of Tigikus na jou toe stuur, moet jy probeer om na my toe te kom in Nikopolis, want ek het besluit om die winter daar oor te bly.