22. 'n Inhalige mens wil gou ryk word;hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie.
23. Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dankas wat 'n vleier dit kry.
24. Wie sy ouers besteel en sê:“Ek doen niks verkeerds nie,”is niks anders as 'n rower nie.
25. 'n Gierige mens veroorsaak rusie;een wat op die Here vertrou, is voorspoedig.
26. Wie op homself vertrou, is 'n dwaas;wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.
27. Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie,maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.