Spreuke 23:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos.Dit is hoe hy is.Hy moedig jou aan om te eet en te drink,maar hy bedoel dit nie.

8. Jy sal naar word van wat jy eeten jou komplimente sal verkwis wees.

9. Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie;hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.

10. Moenie grense verlê wat lankal daar is nie,moenie weeskinders se grond vat nie,

Spreuke 23