6. Moenie by 'n suinige mens gaan eet nie,moenie sy lekker kos begeer nie,
7. want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos.Dit is hoe hy is.Hy moedig jou aan om te eet en te drink,maar hy bedoel dit nie.
8. Jy sal naar word van wat jy eeten jou komplimente sal verkwis wees.
9. Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie;hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.
10. Moenie grense verlê wat lankal daar is nie,moenie weeskinders se grond vat nie,
11. want hulle Beskermer is magtig,Hy sal hulle saak teen jou behartig.
12. Gee aandag aan wat ek jou voorskryf,luister goed na wat ek jou leer.