Spreuke 23:17-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Moenie afgunstig wees op sondaars nie;wees altyd ywerig om die Here te dien;

18. dan sal jy 'n toekoms hêen jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

19. Luister, my seun, soek die regte insig:bly op die regte pad;

20. moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,

21. want die suiplap en die vraat word arm;dronkenskap laat jou in vodde loop.

22. Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.

23. Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie;hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.

Spreuke 23