15. My seun, as jy 'n wyse mens word,sal dit my baie vreugde verskaf.
16. Ek sal juig as wat jy sê, altyd reg is.
17. Moenie afgunstig wees op sondaars nie;wees altyd ywerig om die Here te dien;
18. dan sal jy 'n toekoms hêen jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
19. Luister, my seun, soek die regte insig:bly op die regte pad;
20. moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,
21. want die suiplap en die vraat word arm;dronkenskap laat jou in vodde loop.
22. Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.
23. Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie;hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig.
24. 'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig;'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde.